In
’n poging om opleiding in die pas met bedryfsbehoeftes
te bring, stel die Vereniging van Eiendomseienaars van Suid-Afrika
(Veesa) die einde van die maand drie nuwe eiendomskursusse
bekend.
Die oogmerk van die Introduction to Commercial Property-program
is om ’n algemene oorsig te bied van die kommersiële
eiendomsmark vir nuwe toetreders tot die sektor.
Die driedaagse kursus sal ’n verskeidenheid eiendomsonderwerpe
dek, van Suid-Afrikaanse eiendomsterme en stadsbeplanning
tot eiendomsbemarking en die oordragproses.
Die bekendstellingskursus sal in Gauteng aangebied word
in vennootskap met Wits, in KwaZulu-Natal in Mei ook in
vennootskap met Wits en in Junie in die Wes-Kaap in vennootskap
met die Universiteit van Kaapstad. Die Essential Commercial
Property-program, ’n vierdaagse kursus, sal ’n
meer gevorderde oorsig van die kommersiële-eiendomsbedryf
bied, onder meer hervormingskwessies, finansieringsbesluite
en genoteerde eiendom .
Dan is daar die nuwe Property Management-program wat oor
agt maande sal strek en gemik is op eiendomsbestuurders.
Dit sal modules insluit oor eiendomsreg, tegnologie en eiendomsbestuur.